JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2015-06-16
Webwerwe - Beste basiese beginsels


VERSTAAN EN DOEN DIE HEEL BASIESE VAN WEBWERWE REG (EN KRY IETS GEVORDERDS REG) – Deur www. Buddy Web Design .co.za

Inleiding

’n Webwerf kan defineer word as ’n elektroniese brosjure van ‘n besigheid of organisasie.

’n Webwerf bestaan uit individuele web bladsye. ‘n Webwerf kan of staties of dinamies wees. ‘n Dinamiese webwerf kan besoekers aan ’n webwerf in staat stel om saam te gesels op ’n forum, om bestellings te plaas van jou produkte , vrae te vra of om kommentaar te lewer. Sekere webwerwe laat besoekers aan die webwerf toe om aan te sluit en self hul eie profiele te skep en te verander. ’n Goeie voorbeeld is Faceboek.

n Tipiese webwerf sal oor die volgende bladsye beskik:

  • Tuisbladsy
  • Produkte en dienste
  • Meer oor ons
  • Nuusbrief / Blog
  • Fotogallerye
  • Veelgestelde vrae
  • Kontak ons

Elke bladsy van jou webwerf sal sy eie unieke adres op die internet hê met ’n oorhoofse adres soos byvoorbeeld www.buddywebdesign.co.za . In die algemene gebruikstaal word daarna verwys as ‘n domein.

Daar is letterlik biljoene webwerwe op die internet met miljoene wat daagliks bygevoeg word? Hoe vind mense webwerwe? Die meeste mense gebruik soekenjins soos Google, Yahoo en Bing om na produkte en dienste te soek. Die woord Google is al so bekend in die volkstaal dat dit ‘n werkwoord geword het.

As mense na inligting op soek is sal hulle na daardie inligting gaan Google, word gesê.

Mense kan ook op Sosiale Media soos Faceboek ‘n skakel sien na jou webwerf en dan daarop kliek of mense kan die webwerf se adres intik nadat hulle daarvan bewus geword het deur ‘n besigheidskaartjie, advertensieborde, advertensies op karre, koerantartikel of as iemand hulle dalk vertel het van ‘n spesifieke webwerf se adres of domein.

Belangrike vrae om te vrae is die volgende:

  • Hoe gaan ek my webwerf bemark?
  • Wie gaan my webwerf vir my ontwerp?
  • Waat gaan die kostes wees vir die aanvanklike ontwerp, toekomstige veranderings en vir die diensverskaffer om die webwerf te publiseer op die internet en op die lug te hou?
  • Hoe gaan mense my webwerf deur soekenjins soos Google vind?
  • Hoe lank is die kontrak wat ek met ‘n diensverskaffer moet teken?
  • Sal mense my webwerf op telefone, slimfone en tablette ook kan vind?
  • Kan ek maklik self verandering aan my webwerf aanbring?
  • Hoe gaan my webwerf lyk?

Kies die regte webwerf ontwerper

Die eerste stap op die pad na sukses met jou webwerf is om die regte webwerf ontwerper te kies.

Vra voornemende diensverskaffers om voorgemelde vrae – sien vorige hoofstuk – te beantwoord.

Buddy Web Design sal byvoorbeeld as volg antwoord:

Webwerwe kan op verskeie maniere bemark word. Vir meeste mense is resultate deur soekenjins soos Google die belangrikste.

Ons aanvanklike kostes wissel tussen R0 en R4,200. Kostes word bepaal of u op soek is na ‘n spesifieke pasgemaakte ontwerp, opleiding om die webwerf se inhoud self te bestuur of nie. Geen twee kliënte se behoeftes is dieselfde nie. Ons mees gewildste maandelikse pakket is R150 per maand.

Die res van hierdie gids verduidelik , met wenke, hoe om goeie resultate deur soekenjins soos Google te kry, ook genoem SEO (Soek Enjin Optimisasie). In ‘n neutedop moet u sekere basiese goed reg doen en sorg dat u brosjure op die internet, (u webwerf) , so oorspronklik en volledig moontlik ontwikkel word.

Ons kontrakte kan met 30 dae kennisgewing gekanseleer word.

Ons webwerwe word gemaklik op selfone, slimfone, rekenaars en tablette gelees.

Ons sagteware is baie gebruikersvriendelik en mense kan maklik leer om self die inhoud van hulle webwerwe op datum te hou so nie doen ons tussen 1 en 2 veranderings gratis per maand , ingesluit in die R150 maandelikse fooi.

Ons het ‘n groot portefeulje waar na voorbeelde gekyk kan word. Elke nuwe kliënt is uniek en ons laat ons lei deur kliënte se spesfieke versoeke.

Ons kan u ook voorbeelde wys waar ons kliënte die nommer een posisie vir spesifieke soekterme op soekenjins beklee.

Hoe werk Soekenjins?

’n Soekenjin kan definieer word as ‘n moderne elektroniese bibliotekaris wat vir hulle kliënte die regte webwerwe wil voorhou wanneer daar na spesifieke inligting gesoek word.

Mense sal byvoorbeeld na ‘n webwerf soos Google gaan en intik : “Hoe groot is die Nasionale Krugerwildtuin?”

Google sal hulle indeks van die web nagaan en let op al die webwerwe wat hierdie woorde “Hoe groot is die Nasionale Krugerwildtuin?” bevat.

 Let wel hulle sal slegs webwerwe nagaan wat reeds deur hulle geindeks is. Dit volg dat ‘n webwerf eers deur Google indekseer moet word alvorens Google dit binne sy indeks sal oorweeg.

Maar hoe besluit Google watter van die webwerwe wat van hierdie woorde bevat die mees geskikste inligting bevat? Deur vrae te vra, meer as twee honderd vrae word gevra. Van die belangrikste vrae wat gevra word is:

SEO - Op die webwerf self

  • Hoeveel keer verskyn die sleutelwoorde in die webwerf?
  • Verskyn die woorde in Titels, Opskrifte of in die Webwerf adres? Verskyn van hierdie woorde direk langsaan Titels en opskrifte?
  • Het hierdie webwerf sinonieme van hierdie sleutelwoorde?
  • Is hierdie webwerf ’n kwaliteit webwerf of is daar net woorde ingeprop om soekenjins te flous
  • Hoe oud is die webwerf
  • Word die webwerf gereeld bygewerk
  • Is die inligting uniek op die webwerf of dalk van iewers anders gekopieer?

SEO - Van ander webwerwe

  • Hoeveel ander webwerwe op die Web het skakels wat lei na hierdie webwerf en het met ander woorde ‘n regmerkie gegee vir hierdie webwerf?
  • Wat is die kwaliteit van die webwerwe wat skakel na hierdie webwerf?

Na hierdie en ander vrae gevra is sal Google sy resultate te voorskryn bring en bo die antwoorde en langsaan die antwoorde sal Google advertensies wys. DIt is webwerwe wat bie op sekere sleutelwoorde waar die hoogste bod op enige gegewe tyd die beste posisie tussen die advertensies kry.

Behalwe om te adverteer kan mens nie Google kontak en betaal om ‘n beter posisie op soekenjins te verkry nie. Google moet dink aan hulle kliënte se beste behoeftes aangesien mense ook ander soekenjins soos Bing of Yahoo kan gebruik.

WENK – Goedkoop navorsing:

Dit is belangrik dat jy weet wat in jou bedryf aan die gang is en hoe lyk die kompetisie se webwerwe. Skryf so tussen 10 en 15 soekterme of woorde neer waarvoor jy graag deur soekenjins gevind wil word. Doen Google soektogte en bestudeer die top webwerwe. U sal nou ‘n redelike idée het van wat u te doen staan om tussen die kompetisie gereken te word.

Webwerf Teks : Doen die basiese belangrikste dinge reg

Baie mense is so behep met hoe die werf gaan lyk en wat alles op die webwerf moet beweeg en vlieg dat hulle heel dikwels die belangrikste basiese dinge verkeerd kry.

Die basiese belangrikste dinge is:

  • Gebruik die regte woorde

Gebruik die woorde waarvoor jy gevind wil word op ‘n natuurlike manier in jou webwerf veral in die inleidende paragrawe van jou belangrikste bladsye. Byvoorbeeld vir Buddy Web Design:

Buddy Web Design bou  bekostigbare webwerwe in Suid-Afrika…dit is ‘n goeie inleidende paragraaf vir die meer oor ons adfeling van ons webwerf.

‘n Swak inleidende paragraaf sou begin het met iets soos:

Ons is gevestig in 2003. Ons visie is om top kwaliteit diens te lewer…

  • Kies goeie opskrifte

Behalwe dat ons webwerf adres die woorde “web design” bevat oorweeg ons , ons opskrifte ook noukeurig. Ons kies dikwels woorde wat ons dink mense sal gebruik wanneer hulle na ons tipe dienste sal soek tydens Google soektogte op die internet.

  • Wees oorspronklik en uniek

Wat is dit wat jou uniek maak? Ons probeer onself identifiseer as die beste , as goedkoopste of bekostigbaar. Ons fokus op mense wat self hulle webwerwe wil bestuur en vir wie goeie Google Resultate belangrik is.

Dit is belangrik dat u, uself identifiseer waar u uniek is. Selfs al is daar baie kompetisie is daar net een jy en is jou fisiese adres hopelik uniek.

In jou webwerf teks moet dit wat jou produk of diens uniek maak duidelik beskryf word.

U moet baie beslis nie enige teks van ander webwerwe kopieer nie en self nie oor en oor dieselfde inligting op jou eie webwerf herhaal nie. Soekenjins frons op hierdie gebruik en sal jou penaliseer.

  • Wees volledig

Webwerwe behoort deesdae maklike bestuurstelsels te hê sodat jy maklik nuwe afdelings kan skep en sommer baie bladsye op jou webwerf kan hê. ‘n Gewilde adfeling op ‘n webwerf is die veelgestelde vrae afdeling. (Vrae en antwoorde wat kliënte gereeld vra) . Sorg dat jou produkte of dienste behoorlik beskryf word en dat jou veelgestelde vrae afdeling behoorlik uitgebrei en onderhou word.

 

  • Blog gereeld

Dit is raadsaam dat jou blog deel van jou webwerf moet wees. Hopenlik is jou bedryf interessant en kan jy gereeld interessante artikels oor hedendaagse kwessies skryf en publiseer op jou blog. Ons doen ten minste een maal per maand ‘n amptelike nuusbrief wat aan ons voornemende kliënte gepos word.

  • Gebruik fotos reg

Dit is belangrik dat fotos op jou webwerf reg gebruik word. Fotos kan ‘n webwerf ophelder en die eentonige skrif verbreek en soms uitstekend verduidelik waaroor jou besigheid gaan. Dit is belangrik dat jy besef dat mense op Sosiale Media soos faceboek hulself vermaak deur na honderde verskillende fotos en prentjies te kyk. Wanneer u fotos op u webwerf plaas moet u eerder in gedagte hou dat die ideale geleentheid is om u besigheid en diens nog beter in woorde te kan beskryf. Ons het reeds gesien dat Soekenjins werk met woorde. Dit is belangrik dat belangrike sleutelwoorde nie deur ‘n grafiese ontwerper op ‘n mooi prentjie geplaas word nie. As die woorde nie deur soekenjins gelees kan word nie sal die woorde ook nie deur soekenjins in ag geneem word wanneer hulle besluit om bladsye te indeks nie. Nie alle bladsye van webwerwe word altyd deur soekenjins geindeks nie. As jy raadop is om jou onderneming goed en behoorlik te kan beskryf dan is ‘n foto die beste ding om te beskryf.

Dit is belangrik om te verstaan dat soekenjins al slimmer raak en dat dit nie ‘n kwessie is van om net een maal ‘n goeie webwerf daar te stel nie. As daar kompetisie in jou bedryf is sal dit goed wees om te weet dat jou kompetisie heel moontlik besig is om hul webwerf uit te brei en vars inligting gereeld by te voeg.

Selfs al voeg jy net die nuutste getuigskrifte van tevrede kliënte gereeld by. ’n Moderne kompeterende webwerf kan nooit net staties bly nie tensy sy die enigste verskaffer in jou bedryf is.

Jou Tyd en / of jou geld (Dieselfde ding)

As jy ‘n klein of medium besigheidseienaar is sal jy goed weet dat jou tyd ook jou geld is. Indien jy goeie resultate verwag van jou webwerf sal jy van jou tyd moet afstaan om ’n behoorlike kompeterende webwerf daar te stel anders gaan jy dalk nooit deur soekenjins gevind word nie. Dit is juis dikwels om hierdie rede dat baie mense faal met hul webwerwe. Daar is mos ook ander maniere om kliënte te verkry.

Dikwels is die kortpad , nadat jy ‘n mooi en volledige webwerf opgestel het, om resultate te verkry om direk by soekenjins soos Google te adverteer. As jou tyd baie geld werd is, is dit dalk die beter opsie om te kies.

Mense vra gereeld hoeveel geld behoort hulle maandeliks te spandeer op Google advertensies. Dit is belangrk om te besef dat jy gaan sit met inkomste deur jou advertensie poging wat jy andersins nooit sou gehad het nie. ‘n Mens vertroetel mos die goue gans wat die eiers lê? As jy die beginsel verstaan en jou eerste inkomste vanuit Google advertensies herbelê dan hoef jy slegs een maal jou eie geld uit te lê en daarna gebruik jy die geld van jou nuwe kliënte vir jou volgende Google advertensies.

Dan is daar nog voorbeelde van toerisme bedrywighede waar die kompetisie baie straf is. Hier naby in Simonstad is daar byvoorbeeld meer as 60 gastehuise en selfsorgeenhede . In sulke gevalle gaan jy heeltemal te veel tyd spandeer op jou webwerf indien jy alleen deur jou eie webwerf besigheid wil verky. Dikwels word sulke besighede gedwing om aan te sluit by groter bestaande Toerisme webwerwe wat ‘n jaarlikse fooi of ‘n persentasie kommissie vra.

Dit neem ‘n tydjie om deur Google geindeks te word. Jy moet Google in die eerste plek vertel van ‘n nuwe webwerf. Hoe meer webwerwe na jou geskakel is hoe meer sal Google jou besoek en dan nuwe inligting indeks. Indien jou webwerf nuut is en jy belangrike inligting bygevoeg het moet jy Google daarvan vertel. (Meer hieroor later.)

Dit is wel so dat dit tyd verg om ‘n behoorlike en volledige webwerf daar te stel en om gereeld nuwe inligting by te voeg maar die voordele verbonde daaraan is langsdurend.

Verstaan Faceboek bemarking

Baie klein besighede met klein begrotings het nie ‘n webwerf nie maar wel ‘n Faceboek bladsy. Enige iemand kan ‘n Faceboek bladsy gratis self begin. Dan begin die taak om mens ete kry om jou faceboek bladsy te like. Gewoonlik is die eerste mense , en die meeste mense, wie jou Faceboek bladsy like jou vriende wie in elk geval reeds weet van jou en jou besigheid.

Nadat jy mense gekry het om jou faceboek bladsy te like kan hulle dalk jou gereelde besigheid Faceboek inskrywings sien of lees en so van jou dienste onthou word. Onthou die meeste is dalk reeeds jou vriende of jou kliënte en ook so jou vriende op Faceboëk. Waarmee is jy dan nou eintlik besig. Wanneer jy pos op jou besigheidsblad besluit Faceboek self hoeveel van jou mense wie reeds jou bladsy like gaan die inskrywing sien. So nie almal wat jou bladsy like sien jou gereelde inskrywings nie.

Faceboek bied wel goeie advertensie opsies sodat jy ‘n spesifieke teikenmark kan teiken. Byvoorbeel kan jy jou advertensies rig aan ‘n sekere ouderdomsgroep , getroud ongetroud, eie besigheid of nie. Dit kan dus baie effektief wees om deur faceboek te groei. As jy mooi fotos neem kan mense dit dalk maklik onder mekaar deel maar gewoonlik is selfs jou beste Faceboekvriende nie te geneë om jou besigheidsverwante inskrywings te deel nie.

In die vorige hoofstuk het ons geraak aan tyd en geld of dat tyd ook geld werd is. Dit is belangrik om te onthou dat dit beter is om eers werk op jou webwerf te doen en dit daarna te deel op Faceboek. Waar inligting op jou webwerf deur soekenjins vir ‘n baie lang tyd geindeks kan word verdwyn dit wat mens op Faceboek post vinnig soos dit ou nuus word.

Daar is ook spesialiteitsgroepe op Faceboek waar mense oor spesifieke produkte of dienste of industrieë gesels. Dit kan wel die moeite werd wees om saam te gesels of nog beter om jou eie spesialiteitsgroep te begin en te administreer. Maak net seker dat mense oop is vir moontlike besigheid. Dikwels vind ek op die advertensie groepe dat dit mense is wat self klein besighede begin wat aan ander mense in soortgelyke posisies goed wil verkoop. Hoe ‘n slim strategie dit is weet ek nie.

Google se gratis gereedskap

Google het sekere tools of gereedskap wat gratis gebruik kan word. Die gereedskap is verniet en is ook baie belangrik. Dit is redelik maklik om te verstaan en te gebruik. Jou webwerf maatskappy behoort jou te kan help indien jou tyd te beperk is of indien jy nie genoeg selfvertroue het nie.

  • Google Webmaster Tools

Google Webmaster Tool laat jou toe om te sien hoe Google jou webwerf sien. Jy kan ook sien hoeveel mense kliek op jou webwerf en watter soekterme het hulle gebruik om jou webwerf te vind. Jy kan ook sien vir watter soekterme jy meer werk sal moet doen aangesien Google Webmaster Tools jou posisie vir sekere keywoorde aantoon.

Een van die belangrikste dinge wat mense by Google Webmaster Tools kan doen is om jou Webwerf Kaart by Google te kan indien waarna Google se programme deur jou webwerf kan gaan en jou bladsye indeks al dan nie. Indien jou webwerf van goeie kwalitet is , dit wil sê jou inligting is oorspronklik en volledig en jou bladsye bevat meer as een sin antwoorde behoort Google Webmaster jou webwerf in hul indeks te indekseer.

  • Google my business

Google my business is ‘n baie belangrike gratis diens van Google. Dit is amper soos ‘n gratis mini webwerf met die belangrike verskil dat jy ook op Google Maps soekresulate getoon sal word veral as mense na ‘n diens in ‘n sekere spesifieke geografiese area op soek is na. Google sal selfs vir jou ‘n poskaart stuur vannuit Kalifornia met ‘n kode wat jy moet gebruik om jou registrasie te verifieer.  As jy dan jou Google my business registrasie skakel aan jou webwerf adres is dit ook iets wat punte tel volgens Google se formules