JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2013-11-26
Webwerf vir 'n Ouditeurs


Hoekom moet 'n rekenmeesters- / ouditeursfirma 'n webwerf hê en hoekom 'n webwerf van Kwikwap en Buddy Web Design?

Francois Marais, een van die vennote van Buddy Web Design, was lank self 'n rekenmeester met sy eie praktyk en verstaan goed dat 'n rekenmeesterspraktyk gewoonlik oor jare gebou en gegroei word deur middel van verwysings. Dit neem gewoonlik nie lank nie alvorens vennote en werknemers toegegooi is onder werk en daar nie regtig tyd is vir bemarking nie.

Nog steeds behoort elke besigheid in Suid-Afrika 'n webwerf te hê:

Die Kwikwap Webwerf

Die Kwikwap Webwerf kos maar slegs R2,500 om te ontwerp . Die bedrag sluit opleiding in. Die bedrag sluit nie gevorderde grafiese werk in nie en 'n maatskappy logo moet voorsien word of kan ontwerp word teen R500 ekstra. Die eerste stap is kliënte tevredenheid wat betref hoe die webwerf vertoon. Die volgende stap is opleiding.

Die Opleiding

Opleiding is ingesluit in die prys van R2,500. Opleiding dek die volgende:

Hoe Google Werk (Die Teorie) , Hoe om Google Resultate te meet (Die doelwit) , Hoe om data tot jou webwerf by te voeg (Die praktyk)

Nuttig vir rekenmeesters

Ons webwerwe is meer as net gewone webwerwe. Behalwe dat die webwerf ook netjies op selfone vertoon (Mobi Enabled Website) is daar ook nuttige funksies soos:

  • Ingeboude Epos Stelsel
  • Ingeboude SMS Stelsel (Ideaal om kliënte te herhinner van bv sperdatums)
  • Lede areas ( Kan bv private maatskappy inligting daarop stoor alleen vir personeel toegang )
  • Dokumente en brosjures (Ideaal om bv Praktyknotas en SARS Vorms aanlyn te stoor)
  • Vorm Bouer ( Skep jou eie vorms om nuwe kliënt inligting elektronies te versamel bv vir Maatskappy registrasies)

Meer inligting is beskikbaar by www.kwikwap.co.za en www.buddywebdesign.co.za .

Ander kostes

Nuwe domain registrasie is R200 en R150 jaarliks

Maandelikse huur van sagteware en hosting van webwerf is R150 plus BTW