JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2014-01-25
Webwerf op bladsy 1 van Google. Hoe doen ons dit?


Ons help mense om hul webwerf op bladsy 1 van Google te kry. Hoe doen ons dit? Dit sal miskien makliker verstaan word deur te kyk na hierdie voorbeeld voorlegging wat gedoen is vir een van ons kliente in Pretoria:

Voor daar na die voorlegging gekyk moet word net die feit dat vandag op 25 Januarie 2014 is daar nuwe teks aangestuur soos gevra is. Die teks lyk nog maar 'n bietjie min en daar sal daaraan gewerk moet word. Die teks wat tans op die webwerf is, is 'n begin maar daar sal nog werk gedoen moet word voor ons vir organiese soekterme op bladsy 1 van Google verskyn. Lees meer...

Hierdie is die nuwe website van Presmet Engineering. (www.presmetengineering.co.za) .

Hoekom 'n nuwe website vir Presmet Engineering?

Selfs al doen ek 'n Google soek op my rekenaar en ek Google die naam Presmet Engineering word die website nie gevind op bladsy 1 of 2 van Google nie.

Ons wil eintlik gevind word vir soekterme soos:

CNC Milling

CNC Machining

CNC Turning

Custom Parts

As na die onderstaande video van Google Ingeniuers gekyk word sal mens sien dat hierdie woorde :

'n Paar keer gebruik moet word in jou website teks.

Die woorde behoort titels te wees ...bv die Titels van jou services (Dis logies dat Google opskrifte belangrik sal vind)

Kyk gerus na hierdie video van Google:

 

Wat is die eerste stap?

Ek het reeds vir Melissa haar eerste opleidings sessie gegee. Ek sal dit in Desember rondom die 12'de opvolg sodat sy my spesifieke vrae kan vra.

Ek het julle huidige logo gebruik. Julle kan gerus die dienste van Sureweb of Butterbee oorweeg. (Die huidige logo lyk of dit in iets soos paint gedoen is? Die kostes vir 'n Logo is +- R500 en dit maak of breek jou website se image.

Buddy Web Design spesialiseer nie in grafiese ontwerp nie maar in die opleiding van gewone persone om internet bemarkers te word deur:

1.) U te leer hoe u, u Google Resulate gaan meet

2.) Aan u te verduidelik hoe Google werk en wat u kan doen om beter resultate te verkry

3.) Om u te leer om self 'n webwerf te bestuur.

Kom ons doen eers die basiese goed reg:

Meeste website eienaars spandeer te veel tyd aan hoe die website lyk en te min tyd aan die inhoud van die website. As daar na die bostaande video van Google gekyk is sal verstaan word dat die website teks baie belangrik is.

Wat hierdie website betref is dit die volgende:

1.) About us

Die eerste 180 woorde is belangrik en moet sekere kernwoorde bevat. Wat julle doen en waar. Julle kan later die geskiedenis en ander goed van die maatskappy vertel. Google wil weet waar om julle te indeks.

2.) Titels

Dit is reeds reg gedoen onder die afdeling services. Laat weet as ek iets mis.

3.) Beskrywing van dienste

Dis baie belangrik. Gebruik ongeveer 250 woorde. Moenie van ander websites steel nie. Google hou nie daarvan nie. Begin die beskrywing deur die titel vroeg te herhaal bv

CNC Milling

CNC Milling by Presmet Engineering includes the milling of ............

Soos ek sien is die dienste die volgende (CNC Milling , CNC Machining , CNC Turning , Conventional Milling and Turning , Custom parts) ...

Ander

Dis mos logies dat hierdie woorde titels moet wees en 'n paar keer gebruik moet word.

BV :

In die FAQ afdeling (Frequently asked questions) , Photo Galleries (Net so belangrik soos mooi fotos is die beskrywing van jou foto albums en die beskrywing van individuele fotos)

As ons net die eerste voorgaande goed kan doen dan is ons reeds baie ver gevorder.

Ons kan later kyk na meer gevorderde goed soos videos ens.

Ek het vir demonstrasie doeleindes data van Wikipedia gebruik. Dit kan nie die ding doen nie en moet vervang word met julle eie teks.

4. Domain Transfer

Julle moet die ticket asb aanvaar en julle vorige host in kennis stel dat die domain na Kwikwap geskuif gaan word. Dan sal hierdie nuwe webwerf se adres verander van www.kwikweb.co.za/presmet na www.presmetengineering.co.za