JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2013-07-31
Die Kwikwap Webwerfbou Besigheidsgeleentheid


Dankie vir u belangstelling in die Kwikwap besigheidsgeleentheid. Francois Marais is saam met Louis Marais CA(SA) ook 'n lisensiehouer van Kwikwap.

Lisensiehouers

Daar is tans 12 lisensiehouers. Lisensiehouers stel mense aan en help hulle om hul onafhanklike webwerf ontwerp besighede te bedryf. 'n Besigheid soos byvoorbeeld www.buddywebdesign.co.za . Kwikwap konsultante doen wat ons, Buddy Web Design  , doen.

Die produk

Deur die sagteware van Kwikwap te gebruik word webwerwe gebou vir mense met besighede in Suider Afrika. Mense word geleer hoe om die webwerwe self op te dateer. Die webwerf sagteware is geskoei op modules wat geaktiveer of gedeaktiveer kan word. Sommige webwerf eienaars wil nie self hulle webwerwe op datum hou nie en dan kan die Kwikwap konsultante dit teen 'n fooi vir hulle kliente doen. Maar ons eintlike teikenmark is mense wie self hulle webwerwe op datum wil hou en wie Internet Bemarkers wil word. Ons produk of diens is dus eintlik.

Om gewone mense te help om internet bemarkers te word deur:

  • 'n Webwerf vir hulle te bou
  • Deur opleiding te gee oor hoe soekenjins soos Google werk en hoe om die webwerf op datum te hou
  • Hoe om soekenjin resultate soos bv Google resultate te meet

Indien ons kliente nie goeie resulate verkry op Google nie gaan hulle nie kliente bly nie.

Die Kwikwap Webwerf Sagteware is uniek in die sin dat:

  • Dit baie gebruikersvriendelik is
  • Dit goedkoop is (R2,500 vir n onbeperkte aantal bladsye webwerf)
  • Die webwerf word op drie verskillende platforms publiseer. (Moderne en ou selfone asook gewone rekenaars)
  • Die maandelikse hosting is gewoonlik R150 plus BTW. Dis nie die goedkoopste nie maar is eintlik nie hosting nie . Kliente huur basies die sagteware om hulle webwerwe mee te skep en op datum te hou
  • Daar is baie unieke eienskappe soos n ingeboude SMS en EPOS stelsel. (Werk lekker met die kombinasie van n selfoon webwerf : SMS skakels na die selfoonwebwerf en kliente kan dadelik alles op hul selfone oopmaak en lees.)

Opleiding

Nuwe agente kan of R2,500 betaal om aan te sluit en opleiding te kry en dan dadelik 'n agentskap kode teen n maandelikse fooi van R171 of hulle kan die eerste drie webwerwe saam met Francois Marais doen en dan die fooie deel. Dis dan as't ware indiensopleiding. Dis baie makliker om met werklike kliente en hulle webwerwe te werk as denkbeeldige / teoretiese opleiding. Mens kan dae en dae spandeer aan opleiding en teorie maar dan raak 'n eenvoudige saak 'n ingewikkelde saak.

Dis beter om kliente te kry en webwerwe vir hulle te bou en dan so gewoond aan die sagteware te raak.

Hou dinge eenvoudig. Ons bou webwerwe vir mense. Webwerwe wat goedkoop maar effektief is. Webwerwe wat op bladsy 1 van Google kan verskyn. Webwerwe wat die webwerf eienaar self maklik sal kan bestuur. Dit moet eenvoudige die verkoopspraatjies wees.

Die kode wat gebruik word om die eerste 3 webwerwe te skep is "ezeweb" . As mens op Kwikwap se webwerf is gebruik ons die kode nadat 'n mens geclick het op "Get a website now".

Gelde

Kwikwap konsultante vra R2,500 per webwerf. Dit is n riglyn prys. Die konsultant steek die volle fooi in sy sak. Hy mag meer gelde vra vir ander dienste soos gevorderde grafiese werk, fotografie , skryf van webwerf teks ens.

Die lisensiehouers maak slegs geld deur te deel in die Huur van sagteware gelde. (Hosting fooie)

Dit word gedeel met die konsultante vir solank as wat die konsultant beskikbaar is, en in staat is om in gewone werksure een of twee oproepe per maand (gratis) van hul kliente te kan ontvang. Sommige konsultante hou die hele webwerf vir hul kliente teen 'n fooi in stand. Dan spaar 'n mens baie tyd om nie opleiding te gee nie. So byvoorbeeld doen www.sureweb.co.za omtrent al hul webwerwe op daardie beginsel. Ook www.safreewebsites.co.za . Daar word dan 'n instandhoudingsfooi gevra om die webwerf op datum te hou. Surweb verdien nou al duisende rande maandeliks in hosting fooie en ook Buddy Web Design.

Waar Buddy Web Design se kliente hulle min pla omdat hulle opleiding ontvang het moet Sureweb die webwerwe in stand hou vir hulle kliente.(Maar kliente pla mens nie noodwendig elke maand vir byvoegings tot hulle webwerf nie. Die wie jou pla maak op vir die wie jou nie pla nie soos in versekering). Beide benaderings is reg.

Waar word kliente gewerf?

Elke besigheid het 'n webwerf nodig. Kyk uit vir nuwe besighede wat oopmaak. Loer na mense in jou dorp of omgewing se webwerwe en kontak die wie se webwerve verouderd is. Dit raak makliker om potensiele kliente te identifiseer soos mens meer gewoond raak aan die konsep. Ons konsultante was gewoonlik self eers net kliente. Dan is dit baie maklik om die produk met selfvertroue te verkoop. Wenk: begin met jou huidige sake kennise en vriende. Help dalk een of twee mense verniet of teen n laer prys terwyl jy leer. Begin 'n webwerf vir jou eie besigheid. Doen dit suksesvol deur eerstens die basiese goed , goed te doen.

Volgehoue ondersteuning deur lisensiehouers

Die lisensiehouers gee graag volgehoue ondersteuning aan die konsultante wie aktief verkoop en bemark. Dit neem 'n lang tyd vir 'n lisensiehouer om geld te maak uit 'n nuwe konsultant en dus word tyd spandeer soos die nuwe konsultant , nuwe kliente na die lisensiehouer bring. Dis baie makliker om met werklike kliente te werk.