JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2013-05-29
Die belangrikheid van die basiese goed vir goeie Google / Soekenjin Resultate


Hier is n voorbeld van n werklike epos aan n klient wat ek gebruik vir info op my webwerf. Ek deel dit graag met my webwerf besoekers en veral die mense wie in Afrikaans op Google soek.

Hi Reinette
 
Ek werk saam met Melanie aan jou website. Waar Melanie fokus op die Graphics maak ek seker ons kliente volg sekere riglyne om goed te doen in Google soeke.
 
As jy nou na jou website kyk (Melanie is nie klaar nie) sal jy sien ons het die basiese afdelings geskep.
 
Ek gaan sommer hierdie teks gebruik vir meer info in Afrikaans op my eie webwerf.
 
Jy kan ook jou produkte en dienste ens soos ek soms in Afrikaans beskryf. Wees uniek en kry goeie resultate.
 
Die belangrikste basiese dinge vir jou webwerf en Google
 
Ons moet die basies goed doen wat betref Google. Google werk met woorde en nie met prentjies nie.
 
1.) Die eerste is jou besigheidsbeskrywing onder admin and reports / business information.
 
Kies 15 belangrike woorde (gebruik woorde wat jy wil he Google moet jou voor vind) .
 
2.) Dan is die name van jou bladsye belangrik, of dit n nuusbrief is en of dit 'n produk of diens is en dan die beskrywing van daardie produk of diens moet ten minste 200 van jou eie woorde bevat anders kan google dink daardie bladsye met daardie name is nie iets werd nie.
 
3.) Dan die eerste 180 woorde van jou about us is ook belangrik. Wees tot die punt. Daarna kan jy gesels oor julle persoonlike agtergrond en geskiedenis. Sien bv wat ek vir julle geskryf het.
 
4.) Faq's help met soekenjin resulate
 
5.) Links na ander webwerwe...sien voorbeeld op jou webwerf , al is dit kompetisie. 
 
(Google kyk na 200 goed om jou webwerf te beoordeel. Deur te link na ander sites, selfs jou kompetsie, kan jy beter doen. Jy kan ook gevind word wanneer mense na jou kompetisie soek op Google!)
 
6.) Foto beskrywings
 
Dis nie die hoeveelheid fotos wat te nie maar hoe die fotos benut word op jou webwerf. Elke foto wat gelaai word kan n geleentheid bied om teks op jou webwerf te plaas. Dis maklik, kyk na foto en beskryf wat daar aangaan.
 
Jou epos in en uit boks is ook n belangrike bron van faq's en teks vir jou webwerf. Net nadat ek send gedruk het gaan ek hierdie einste epos copy en op my webwerf plaas onder nuusbrief en blog. Dis hoekom ek mooi gedink het oor die opskrif.
 
Toets dit oor twee weke. (Google Basiese Belangrike Dinge vir Google en jou Webwerf)
 
My webwerf sal heel bo aan verskyn. Miskien vroeer.
 
Ons doen graag moeite met ons kliente se opleiding en die verstaan van Google want:
 
Hulle doen beter oor die langtermyn en dan doen ons ook beter oor die langtermyn. 
 
Groete