JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2013-03-14
Hoe help ons gewone mense om internet bemarkers te word?


Hierdie is 'n regte voorlegging aan 'n nuwe klient en verduidelik wat ons doen.

Beste George en Jacques

Hier begin julle opleiding. 

Julle huidige webwerf www.carphunter.co.za gaan vervang word met www.kwikwap.co.za/carphunter . Ons sal die domain oorplaas sodra die nuwe webwerf reg is.

Ek doen dit vir nou sommer op julle nuwe webwerf. (In die afdeling newsletter / blog) . (Kyk op julle nuwe webwerf ook asb.) (Sal dit later delete)

(Julle kry n mailing list en soos julle sal sien kry julle die epos met n elektroniese briefhoof / logo bo aan.)

Eerste dinge , eerste:

Ons benadering / strategie

Soos verstaan uit my gesprekke met JP :

  • Ons wil graag die beste blootstelling moontlik kry op Google onder organiese soekresultate.
  • Die webwerf moet inligting verskaf aan die groothandelaars .
  • Die webwerf moet 'n vraag skep by die publiek wie dan by die groothandelaars die vraag na Carp Hunter produkte sal stimuleer. 
  • Julle moet in staat wees om self die webwerf te kan opdateer

Buddy Web Design Motto

''Ons help gewone mense om internet bemarkers te word.''

Hoe doen ons dit?

1.) Hoe werk Google

Eerstens spandeer ons 'n bietjie tyd om aan mense te verduidelik hoe Google werk en wat julle kan doen om deur soekenjins soos Google meer besoekers aan julle webwerf te vind. (Beide die hengel publiek en groothandelaars).

Kliek asb op hierdie skakel om 'n belangrike dokument te lees : How to improve Google Results (Kan dit later doen)

Wat belangrik is om op te let in daardie dokument is dat dit bv die woorde is wat fotos beskryf en nie die foto nie as dit kom om goed te doen op Google. (Google kan nie fotos interpreteer nie maar woorde wel.)

Daar is honderde fotos en videos op die internet oor Karpe. Dit raak bietjie verveeld op n webwerf met fotos en fotos. Ek sal eerder wil sien dat daar meer geskryf word by elke foto. Bv

" Hier is Pieter Pieterse wat met Carp Hunter Quality Baits se Boilie inBloemhof Dam die Karpe laat les opse het. Boilies werk veral baie goed byBloemhof dam en ander damme in die Vrystaat.

In die voorbeeld hierbo word daar op 'n natuurlike manier kern woorde  gebruik wat mense tipies sal google. Soos bv:

"Werk Boilies goed in Bloemhof dam"

Probeer dit bv en sien watter webwerwe kom op. Dis webwerwe wat daardiewoorde bevat.

Dit volg dan logies dat julle moet skryf vir beide groothandelaars sowel as die publiek. Julle kan gerus ook oorweeg om in beide Enegels as in Afrikaans te skryf. Probeer anders en uniek te wees.

2.) Ons wys julle waar julle kan sien hoe julle Google Resultate lyk:

Julle `sal dus nie hoef te raai hoe suksesvol julle webwerf is al dan nie. Julle sal weet.

(Admin and Reports : Search terms and Country hits)

Dit neem tussen 2 en 6 weke vir Google om julle data te indekseer (voor resultate verwag kan word).

3.) Julle word geleer om die webwerf se inhoud op te laai en op datum te hou:

Ons benodig gewoonlik nie meer as 2 opleidingsessies om julle te wys om jou webwerf in datum te hou nie.

Daarna is on steeds beskikbaar per telefoon, skype of selfs facebook om julle te leer. Soms sal ons eerder iets vir julle doen as om tyd te spandeer om julle op te lei. Bv iets ingewikkeld wat nie gereeld sal gebeur nie.

Dit is dan hoe ons julle help om internet bemarkers te word.

Wat is volgende?

Ek het reeds begin om die raamwerk vir julle te skep. Van die inligting op die huidige webwerf kan gebruik word maar:

  • Ons benodig beter kwaliteit fotos.
  • Die produkte moet beter beskryf word

Wat gaan ons heel eerste doen?

Noudat julle aangedui het dat julle tevrede is met hoe die webwerf lyk gaan ons heel eerstens die basiese goed , goed doen. Sodoende is julle reeds 80% voor ander webwerf eienaars. (Te veel tyd word spandeer aan prentjies en snaakse goed en te min om die basiese reg te doen.)

Wat is die basiese goed?

  • Die produkname (Dit moet gelyk wees aan soekterme waarvoor julle gevind wil word)
  • Produkbeskrywing (Daar moet gepoog word om elke produk met min of meer 250 woorde te beskryf
  • Die "About us'' (Veral die inleidings paragraaf - eerste 180 woorde is belangrik) Daar moet byvoorbeeld eerder staan..."Carp Hunter Quality Baits is bekend vir sy kwaliteit Kaprhengel gerei en aas. Ons is vervaardigers, invoerders en groothandel verspreiders van kwaliteit......." Later kan julle vertel van julle maatskappy se geskiedenis en missie. (Soekenjins wil weet in watter hokkie om julle te plaas.)
  • FAQ's (Frequently asked questions) ...kyk gerus in julle epos vir daardie lastige vrae wat mense altyd vrae. Dit is nuttig om sulke vrae en antwoorde op julle webwerf te plaas en dit help ook met soekenjin resultate.

Kom ons doen eers hierdie basiese goed, goed en dan beweeg ons na goed soos die fotogallerye en maandelikse nuusbriewe.

Wie gaan die inligting bymekaar maak of skep? ( Fotos en / of teks) . Kan ons 'n idee kry van wanneer die inligting gereed sal wees? Ons hoef nie alles dadelik 100% volledig te hê nie. Moet asb nie die proses te lank vertraag nie. U sal beter verstaan as ons 'n eerste opleidingsessie gehad het en ons sal vinniger klaar wees.

Ons gaan eintlik nooit klaar wees nie want hoe meer jy insit hoe meer kry jy uit.

Kommentaar en/of terugvoering per epos sal waardeer word. ook as julle vrae het.

Groete

 

 

Francois Marais

0844950062