JOIN OUR MAILING LIST
Newsletter / Blog


2012-07-25
Wil jy graag meer geld maak? Verskyn dan op bladsy 1 van Google.


As jy meer geld wil maak en meer produkte wil verkoop moet jy die volgende lees. Het jy al ooit gewonder hoekom verskyn sekere webwerwe op bladsy 1 van Google en ander nie?

Maar wag eers... Hoekom wil mens op bladsy 1 van Google verskyn. Google is 'n soekenjin en mense gebruik Google om na inligting te soek op die Internet. Google is as't ware 'n elektroniese bibliotekaris en sal jou help om die inligting te vind waarna jy soek. 

Sien byvoorbeeld die onderstaande prentjie.

Ek het vir Google gevra / Gegoogle "Hoe kry mens jou webwerf op bladsy een van Google

Die heel boonste resultaat verskyn daar omdat hulle Google betaal om heel bo te wees. gewoonlik het Google drie betalende kliente heel bo en ook regs van die Organiese Soekresulate .

Ons gebruik self beide metodes om op bladsy een van Google te verskyn.

Die artikel handel meer oor hoe om op bladsy een van Google te verskyn onder die organiese soekresulate oftewel sonder om vir Google te betaal.

So u verstaan nou hoe Google hulle geld verdien? Mense betaal Google om heel bo te verskyn onder soekresulate. Google werk op n veiling sisteem. Die persoon wie bereid is om die meeste te betaal op n gegewe tydstip vir sekere sleutelwoorde se webblad sal heel bo verskyn onder soekresulate.

U moet dus bereid wees om te betaal indien u verseker wil wees dat n besoekers gaan kry na u webwerf.

Ons kan u help om betaal per kliek advertensies by Google te plaas teen R200 plus BTW per maand . (Plus dit wat u wil spandeer) . U moet net eers seker maak dat u 'n mooi webwerf het wat die klieks in verkope sal omdraai. Dan is advertensie oor en oor die moeite werd.

Alternatiewelik kan u op bladsy 1 van Google verskyn onder die organiese soekresulate sonder dat u vir Google hoef te betaal.

In die eerste plek moet u hoop dat die struktuur van u webwerf goed is en dat u webwerf kaart (Sitemap) aan Google voorgele word. Dit help Google, die elektroniese bibliotekaris, om u webwerf se bladsye beter te liaseer. Die struktuur van ons webwerwe is uitsekend en met die nodige leiding sal u weet waar dit krities is om die regte inligting te verskaf.

Verder is Google resulate in u hande.U moet bloot u webwerf populeer met nuttige en oorspronklike inligting.U moet nooit inligting steel vana nder webwerwe nie. U gaan Google nie flous nie en u kan usself blootstel aan regseise indien u uitgevang word dat u plagiaat pleeg.

Hoeveel inligting moet u verskaf?

Google die woorde waarvoor u graag gevind wil word. Kyk na die boonste organiese resultate. Kyk na die webwerwe wat heel bo verskyn. U sal dan weet wat u te doen staan om heel bo aan Google Resulate te verskyn.

Seker bedrywe is meer kompeterend as ander. Ons kan as't ware praat van dat die aanbod van inligting het 'n versadigingspunt bereik en dat Google dit nie die moeite ag om dieselfde inligting 'n hoer posisie op hul resulate te gee nie. Ouderom van n webwerf speel dus n belangrike rol. Dit neem tussen een en ses weke vir nuwe inligting om deur Google in soekresultate te verskyn. Indien u byvoorbeeld 'n restaurant besit en u beoog om 'n promosoe vir vadersdag aan te bied moet us sorg dat u ten minste drie weke voor die tyd die inligting op u webwerf publiseer. Daarom kan 'n klein besigheidseienaar nie langer bekostig om afhanklik te wees van 'n tydsame / afwesige webmeester nie. Nee! Doen dit eerder self! Doen dit dadelik!

Wees ook uniek en oorspronklik. So byvoorbeeld het ek besluit om die nuusbrief in Afrikaans te skryf. Niemand anders doen dit nie. Dis een van die maklikste maniere om op bladsy 1 van Google te verskyn. En sekere mense verkies om besigheid te doen met iemand wie afrikaans praat. Sekere mense wil bloot inligting in Afrikaans soek. Daarom dan dat ek 100% van die Afrikaanse internet verkeer gaan kry wanneer ekin Afrikaans skryf. Al is dit net 10% van mense wat in Afrikaans google kry ek dan 100% van 10% van die verkeer.

U webwerf moet so volledig en oorspronklik as moontlik wees. Met die nuwe tegnologie kan enige persoon self sy webwerf publiseer en in stand hou. Die kompetisie om op bladsy een van Google te verskyn gaan al hoe feller word. Die kwaliteit van die inligting wat u verskaf raak al hoe belangriker.