JOIN OUR MAILING LIST

Aanlyn werksgeleentheid : Basies + Kommissie( Digitale Advertensies en Webwerwe)

(Helderberg en/of Kaapstad)

(3-6 maande interneskap)(dalk meer as een pos later)

’n Basiese salaris van R4,000 plus kommissie word aangebied. Ek gee nie om of jy matriek het of nie maar ek gee om of jy kan spel en of jy professioneel voorkom aanlyn. Daar is ‘n geleentheid om te groei deurdat jy leer wat ons doen en dit vir jouself begin doen. Die werksgeleentheid kan dan ook as ‘n interneskap beskou word sou jy dit so verkies. Jy sal 8 ure per dag moet werk en moet kan bewys lewer dat jy wel aktief jou werk doen.

Ek sal verkies om iemand aan te stel wie slegs verkope doen maar ek weet dat sodra jy verstaan wat ons doen en hoe ons dit doen dat jy dit self sal wil doen vir meer geld en vryheid. Daarom noem ek die 3-6 maande periode. Eintlik soek ek iemand wie permanent verkope wil doen maar ek weet na opleiding gaan goeie mense hul eie ding wil doen. (Hopenlik steeds binne ons konsessie.)

Ek is Francois Marais en is voltyds werksaam as ‘n rekenmeester by ‘n klerefabriek in Somerset Wes. (Lees meer oor my by www.francoismarais.co.za )

 Saam met my vrou besit ek ook Buddy Web Design , die webwerf waar jy nou lees, wat ons sedert 2008 bedryf. Ons is ook mede eienaars van www.ezeweb.co.za , lisensiehouers van www.kwikwap.co.za .

Die verskil tussen ons en ander aanlyn / werk van die huis as besighede is dat dit redelik duidelik , en in die publieke domein is wat ons doen. Daar is nog publieke webwerwe van mense wat reeds vir jare doen wat ons doen. Die kenmerk van ’n aanlyn foefie skema is dat inligting vaag is en nie eenvoudig en duidelik beskikbaar is nie.

Alhoewel jy van die huis af sal werk sal jy ‘n paar dae se opleiding by ons huis in die Strand moet bywoon sodat ons mekaar kan leer ken en seker is dat jy verstaan wat dit is wat jy veronderstel is om te doen.

Lees asseblief alles wat ek hier deel en besoek die webwerwe genoem om meer inligting te bekom.  Dit gaan my baie irriteer as jy simpel vrae vra en nie self gelees het en prober verstaan het voordat jy aansoek doen. Werk is skaars en die wêreld daarbuite skuld jou niks. Dit klink onbeskof maar as jy sensitief is vir byvoorbeeld verwerping dan is die posisie nie vir jou nie. Ons het nerds wat die moeilike werk doen. Nou kort ons "cool dudes" wat die verkope doen. Saam kan ons en ons nerds lekker geld maak. Dis moeilik om terselfdertud cool te wees en te programmeer of grafiese werk te doen.

Lisensiehouers van Kwikwap stel agente aan wie landswyd vir klein en medium besighede webwerwe skep met ‘n webwerfbouer. Dit is maklik vir die gemiddelde person om te leer hoe om self die inhoud van die webwerf by te hou. Mense kan self speel met ontwerpe maar ons het professionele ontwerpers wie vir R700 baie goeie ontwerpe kan doen. Ons verkoop ons webwerwe teen R4,000. Dit laat R3,300 op die tafel. (Daar is al meer as 10,000 webwerwe geskep met ons sagteware.)

Dit is hierdie geld wat 50/50 verdeel word. Voor ons praat van die verdeling van die geld wat moet verder gedoen word voordat ‘n klient gelukkig en tevrede is?

Die look and feel van ‘n webwerf (die baadjie) is net een element. Indien die persoon self die inhoud van die webwerf wil bestuur dan moet opleiding geskied. Opleiding kan per Teamviewer aanlyn of in persoon geskied. Dit is regtig maklike sagteware.

Ons is reeds 10 jaar in die bedryf en in die laaste 10 jaar is daar al hoe meer mense wat doen wat ons doen. Om in besigheid te bly het ons aangepas en bied ons ook belangrike aanvullende dienste. Die internet en webwerwe is nie meer ‘n nuwe ding nie. Mense soek nou resultate. Ons skep webwerwe wat verkeer kry en dan herlei ons daardie verkeer na ons kliente. (Ons fokus op die panelbeaters, verwers, plumbers en ook toerisme besighede.) Eersgenoemde tipe besighede sukkel gereeld met teks op hul webwerf omrede almal maar dieselfde doen. Toerisme besighede sukkel met die kompetisie om besigheid deur die internet te verkry. Ons skep webwerwe wat anders / uniek is. Byvoorbeeld webwerwe in Afrikaans , selfs een in Frans vir die toerisme bedryf. Verder dan ook webwerwe wat alleen gemik is op "Tradesmen" of mense wat met hulle hande werk. Ons komplimneteer hierdie webwerwe met aktiewe bemarking op Facebook. So jou verwer , plumber of bouer kan sy job doen terwyl ons ons webwerf bemark waarop hulle gelys is.

Ons bied ook dienste soos die bestuur van Google Advertensies, skryf van webwerf teks, bestuur van Faceboek blaaie ens.

Dan ook het ons spesialis webwerwe geskep waarin mense kan adverteer.

Hierdie webwerwe sluit in:

www.krugerwildtuin.co.za

www.marlothparkproperty.co.za

www.peninsulainfo.co.za

www.simonstad.co.za

www.westerncapehorses.co.za

http://www.voyageafriquedusud2016.com

Ons het ook so pas begin met www.helderbergtradesmen.co.za . Daar is amper niks inligting op nie.

Ons webwerf kliente betaal ‘n maandelikse hosting fooi van R165. Omrede ons reeds dan ‘n inkomste verdien in ruil vir volgehoue ondersteuning van ons kant gee ons vir hulle gratis advertensies op hierdie webwerwe.

Daar is baie besighede wat behalwe hul eie webwerf ook nog nodig het om op hierdie spesialis (directory) tipe webwerwe te adverteer aangesien die aanlyn kompetisie straf is en jy eenvoudig nie genoeg besigheid aanlyn via jou webwerf verkry nie.

SEO Soekenjinoptimisasie verwys na die proses om jou webwerf so sigbaar moontlik te maak op soekenjins soos Google. (Ander vername soekenjins sluit in Bing en Yahoo maar Google is by verre die mees gewildste)

Behalwe dat ons ‘n sakgeldjie verdien met hierdie webwerwe ontmoet ons daagliks ander mense deur die bemarking van hierdie webwerwe wat ook hul eie webwerf wil kry of hul bestaande webwerf wil laat verbeter.

Ongelukkig is ek in ’n voltydse beroep as rekenmeester en kan ek nie huidiglik my drome uitleef om hierdie webwerwe met tyd te laat groei in meer winsgewende klein besigheids eenhede nie maar gelukkig het ek geduld. Geduld is ‘n belangrike element as dit kom by die bou van enige besigheid en veral besighede wat ‘n semi passiewe inkomste verskaf.

Ons verdien behalwe die aanvanklike fooi ook ‘n maandelikse fooi. Indien jy na jou interneskap jou eie ding wil doen kan jy ‘n konsultant van www.ezeweb.co.za word. Ons sal baie bly wees as ons jou op hierdie pad geplaas het.

Kyk asseblief na hierdie video oor hoe soekenjins soos Google werk.

Dankie vir jou tyd. Voltooi asseblief die vorm hieronder en laai jou CV op.

Aansoek om werk
 

Laai asseblief jou CV op en antwoord asseblief die volgende paar vra om in aanmerking te kom vir die werk.

 
  Waar het u van die werk gehoor?
 
   
  Voltooi asseblief die vorm hieronder:
     
  Naam:
  Epos:
  Selfoon:
  Area woonagtig:
  Eie vervoer (ja / nee):
  Laptop / Tablet (ja/nee):
     
  Enige kommentaar of vrae?.
   
 
   
  Laai asb jou CV kleiner as 1 MB hier op: